website builder



#NetPret - Welkom


Ons het live gegaan en hoop om n genotvolle afrikaanse
klets platform te bied vir al ons kletsers!

** Nuus : Maak n draai by ons Tydskrif vir die nuuste nuus :D**



Ons #NetPret DJ's is :

Skakel gerus in op ons klets bladsy
om saam te luister...

Click op een van die DJ's se name
Of paste die link in jou media player : 
http://stream.cheetaplay.co.za (ADSL)
http://lo.cheetaplay.co.za (mobile)

HOE OM SAAM TE KLETS:
Dis so maklik om saam te klets, druk net op die skakel en geniet! 

  • Hier vir Kiwi WebChat

    (Jy hoef nie n password in te sit nie, kies net vir jou n nick)

    Skiddz
    Gedoen
  • As jy sou verkies om eerder van n program op jou latop of rekenaar te klets kan jy die volgende program aflaai:


    Hier vir IceChat Kliënt

    P1LOT

    Gedoen

  • As jy sou verkies om op jou selfoon te klets kan jy die volgende programme gebruik


    Android:

    androirc op Playstore


    Iphone:

    Mango Lite op jou App Store


    Blackberry:

    Jmirc op die webstore

    P1LOT
    Gedoen
  • Die verstellings wat jy nodig het om op te stel om saam ons te kan klets is :


    Server: irc.zairc.net

    Poort: 6667

    Channel : #NetPret

    P1LOT
    Gedoen
  • mIRC is uitendelik klaar :-) *Opsoek na toetsers*

    Stuur vir ons n email.

    Skiddz met hulp van Tassadar
    Gedoen
  • Die nuutste manier is deur die splinter nuwe Chat27 webwerf.

     www.chat27.co.za

    JC & Skiddz
    Gedoen

Maak gerus kontak met ons vir enige vrae, komplimente, voorstelle of klagtes. Jy kan dit opneem met n OPS in die kletskamer of die vorm hieronder voltooi. epos is info@netpret.co.za

Thanks for filling out form!





KAMER REëLS

Gedoen deur Saskia in 2015


Reëls 

  • Die Belangrikste Reël: RESPEKTEER MEKAAR ASSEBLIEF!!!  
  • Goeie maniere kos niks! Groet asseblief as julle die kamer binnekom en onthou om koebaai te sê voor julle weer uitgaan ;-)
  • Dis toelaatbaar om so nou en dan te vloek, maar niks onder die belt nie. Woorde soos p??s, p??l, en n??i is onaanvaarbaar en die oortreder sal geskop/ban word sonder ‘n waarskuwing. Dieselfde geld vir Engelse woorde soos c?nt en p?ssy.
  • Die ydelike gebruik van die Here se naam sal nie geduld word nie, en die oortreder sal geskop/ban word sonder n waarskuwing. 
  • Terwyl ons op daardie onderwerp is Godsdiens en Politiek is nie goeie onderwerpe vir ‘n kletskamer nie en moet liewer vermy word. Daar sal ook geen rassisme of seksisme geduld word nie.
  • As jy n persoonlike issue met n ander chatter het, vat dit asb privaat toe. GEEN aanval of slegsê van n ander chatter sal geduld word nie.
  • Pop-ups en scripts is baie cool, maar wees net konsidererend daarmee, onthou daar is mense wat van fone af chat en dit flood hulle skerms. Dieselfde geld vir paste!
  • OM IN CAPS TE TIK BETEKEN JY SKREEU OP DIE ANDER MENSE en hier word nie op mekaar geskreeu nie, so CAPS word nie toe gelaat nie.
  • Wees eerlik oor jou geslag, ons duld ook nie catfishers nie. Oortreders sal gename en shame word in die kamer. Op daardie noot, maak asseblief seker van jou feite voor jy iemand wil name en shame, valse beskuldigings sal ook nie geduld word nie.
  • NetPret is n +18 kuierplek. Geen persone onder 18 word toegelaat nie. Om afpersmateriaal (nude of semi nude pics) van jouself te wys vir n ander chatter is nie baie slim nie, ons beveel dit nie aan nie en jy doen dit op eie risiko!
  • Vra asseblief toestemming voor jy iemand n privaat boodskap stuur, dit is net goeie maniere. Indien iemand jou n privaat boodskap stuur en jy wil nie met die persoon praat nie, moet asseblief nie n scene daarvan in NetPret maak nie. Click net op die kruisie en maak die privaat venstertjie toe of tik /ignore Nick (tik die naam van die persoon wie jy wil ignoreer). Jy sal dan ook nie kan sien wat die persoon in NetPret sê nie.
  • Enige klagtes of voorstelle kan gestuur word na info@netpret.co.za


*** Laaste, maar beslis nie die minste ... skop jou skoene uit, ontspan en kuier lekker by ons, ons gaan net pret hê :-) ***


Groete NetPret admin

 


Meisiekind vertel wie is die groot bekke...

#DieNetPretTydskrif - Waar jy al die nuus kan kry..

Volg ons ook op...